Hugenote Hoërskool het vanjaar dubbele Mnr. en Mej. Hugenote-wenners opgelewer – een stel vir vanjaar en ’n volgende stel vir 2022. Die skool gaan die formaat van die kompetisie in 2022 verander, en om seker te maak alle graadgroepe kry die geleentheid om deel te neem, het hulle besluit om dus twee stelle wenners aan te wys. Die gr. 12-wenners vir 2021 sal die kroon amptelik tot Augustus 2021 dra en die gr. 11-wenners vir 2022 sal die kroon dan tot met die kompetisie, wat in 2022 in Augustus, net voor interskole-2022 sal plaasvind, oorneem. Henk van der Spuy en Zoë Keyser, wat as die wenners vir 2021 aangewys is, en Rossouw van Zyl en Chloë Petersen, die wenners vir 2022 na afloop van die geleentheid.Foto: EJ Langner
Hugenote kroon 2021- en 2022-wenners
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.