Niyaaz Patel (18), New Orleans Sekondêr: “Vir my was die moeilikste vak tot dusver die fisiese wetenskap-vraestel 2. Dit was vir my ’n baie groot nagmerrie. Wiskunde was ook ’n uitdaging. Dit was nie naby so moeilik soos die skeinat (fisiese wetenskap) nie. Dit was ’n stresvolle paar weke so ver – ’n hele paar laat aande, ure van YouTube-videos kyk en baie koppies koffie. Maar die 1ste Desember kan nie gou genoeg kom nie. Dan het ons matrikulante weer vryheid en kan ons onsself lekker geniet.”

Credit: SYSTEM

Dit is byna ’n maand sedert die matrikulante van 2023 met hul eindeksamen op 30 Oktober begin het. Paarl Post het met die hoofleiers van ’n paar hoërskole hier in die vallei gesels om te hoor hoe hulle die eksamen tot dusver ervaar. Hulle deel van hul uitdagings en waarna hulle uitsien sodra die eksamen klaar is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article