Vanjaar is ’n spesiale jaar vir die Frank Pietersen-musieksentrum. Vaughan Pietersen (heel links), skoolhoof vir die afgelope 30 jaar, vier vanjaar sy 65ste verjaarsdag en sy aftrede uit die onderwys. Ter viering hiervan vind ’n afskeidskonsert in die Paarl-stadsaal hierdie Vrydag (6 September) om 19:00 plaas. Kaartjies is te koop teen R60 vir volwassenes en R30 vir leerders en pensioentrekkers by die Frank Pietersen-musieksentrum se kantoor of by die deur. Musiekliefhebbers word aangeraai om kaartjies vroegtydig te koop om teleurstelling te voorkom. Skakel Elizabeth Nontes by 021 872 2123/4 vir enige navrae.
Hoof met konsert gegroet
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.