Tia Hector, wat talle medaljes losgeroei het.


Tia Hector, ’n graad 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Paarl, het onlangs talle goue- en silwermedaljes in twee verskillende snelroei-kampioenskappe opgeraap.

Tia het in die Wes-Kaapse kano-unie se snelroei-kampioenskap in die K1-afdeling (alleen in kano) eerste in die 1 000 m (goud), 500 m (goud), 200 m (goud) en 4 000 m (goud) geëindig.

Sy was in die Suid-Afrikaanse snelroei-kampioenskap in die K1-afdeling tweede in al drie items – 500 m (silwer), 200 m (silwer) en 5 000 m (silwer).

In die K2-afdeling (twee roeiers in ’n kano) in dieselfde kampioenskap het Tia nog twee goue medaljes (500 m en 200 m) en een silwermedalje (1000 m) verower.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article