Alhoewel die brandstofprys die eerste week in Januarie ’n bietjie gedaal en verligting vir motoriste gebring het, meen ontleders dat daar binnekort weer ’n styging gaan kom.

Volgens ontleders van PwC dui die aard van die brandstofprys­skom­melings die afgelope ruk daarop dat dit net ’n kwessie van tyd is voordat brandstof weer die R20/liter-grens oorsteek.

PwC meen in die derde week van Januarie het internasionale oliepryse tot ’n sewejaarhoogtepunt geklim, wat daarop dui dat brandstof­pryse weer vroeg in Februarie sal styg. Volgens PwC gaan brandstof­pryse na verwagting in 2022 aanhou styg, wat beteken dat Suid-Afrikaanse maatskap­pye dienooreenkomstig sal moet aanpas.

“Brandstofkoste vorm deel van ’n groter uitdaging wat maatskappye in die gesig staar om hul energieverbruik en voorsieningskettings te optimali­seer. Met brandstofpryse wat in 2022 gaan aanhou styg, moet Suid-Afrikaan­se maatskappye die voorsienings­ketting­doeltreffendheid, behendigheid en veerkragtigheid om te voldoen aan klante se eise op die mees koste-effektiewe wyse opskerp.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article