Die Hoër Meisieskool Paarl het onlangs sy 12 finaliste vir Mej. HMS aangewys. Die gala-aand vind op 20 Julie plaas. Semifinaliste kon hul inskryf (geen nominasie-proses) en moes ’n projek ontwerp wat bewustheid van ’n maatskaplike uitdaging of omgewingsvolhoubaarheidskwessie skep. Die projek is toe aan ’n beoordelaarspaneel voorgelê. Ná ’n tweede ronde van beoordeling, wat onderhoude behels het, is die 12 finaliste bekend gemaak. Agter is Lineke Groenewald, Zemke Lombard en Talia Burger. In die tweede ry van agter is Ingrid Nieuwoudt, Mari Kemp en Noelle Roux. In die tweede ry van voor is Lara Rabe en Mila du Plessis. Heel voor staan Nicole Smuts, Milcah Visser en Leah du Toit. Afwesig: Leah Winter.
HMS wys finaliste aan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.