Sewe van die Hoër Meisieskool La Rochelle se leerders is in die onderskeie Wes-Kaapse netbalspanne opgeneem. Hulle neem van 16-19 Junie aan die All Ages-toernooi in Gauteng deel. Mandy Hermanus, ’n opvoeder by La Rochelle, is gekies as afrigter van die o.14-Oakes-span. Agter is Ninke Coetzee (o.15), Iselle Acker (o.17), Zahrah Noah (o.18) en Meacke Lawrence (o.14). Voor is Tyler Hunt (o.15), Maroné Uys (o.17), Siba Ngcumbe (o.14) en Mandy Hermanus.
HMS-sportmeisies na Gauteng
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.