Vier leerders van Hoër Meisieskool Paarl (HMS) het deelgeneem aan die SARB MPC Schools’ Challenge en vyfde geëindig.
Hiermee wen hulle elkeen R5 000 en die skool ontvang ook ’n bedrag van R10 000.
Die onlangse aanlyn prysuitdeling geleentheid is bygewoon deur die Minister van Onderwys, Angie Motshekga asook die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, wie die finaliste toegespreek het.
Daar was ’n totaal van 66 inskrywings landwyd. Vir die finale rondte, moes hulle voor ’n ervare paneel hulle Monetary Policy Committee Statement voorlê en vir 20 minute lank verskeie vrae vanaf die paneel bespreek.
Die doel van die kompetisie was om in die skoene van die Monetêre Beleidskomitee te klim en ’n besluit te maak oor die verandering van die repokoers inagneming van alle ekonomiese aanwysers.




