Katrien van Eeden (gr. 12) en Ilke Muir (gr. 10), albei leerders van Hoër Meisieskool Paarl, het die Wes-Kaapse provinsie se saalperdunie by die nasionale saalperd-kampioenskap in Bloemfontein verteenwoordig.

Dit is die wêreld se grootste opelug-saalperd-kampioenskap en al twee hierdie twee ruiters het baie goed gevaar.

Katrien en haar perd, Pinnacle Point, het die volgende prestasies behaal: SA groot-kampioen vyfgang-vertoon deur ’n kind (sewende) en kampioen vyfgang-plesierperd vir ruiters 18 jaar en jonger (sewende).

Ilke het op haar beurt met haar perd, Olympic War, die kampioen vyfgang-plesierperd vir ruiters 18 jaar en jonger (sesde plek) behaal, en kampioen vyfgang-plesierperd vir ruiters 18 jaar en jonger in ruiterkuns (vyfde plek).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article