Die o.18 A-netbalspan van die Hoër Meisieskool Paarl het ook onlangs as oorwinnaars van die Wildeklawer-sporttoernooi in Kimberley weggestap. By hierdie toernooi is Adri Carstens (kaptein) as die beste senterbaanspeler en Renezia Andrews as beste speler van die toernooi aangewys.