Die Hoër Jongenskool Paarl se Mnr. Style-geleentheid is die geleentheid vir Boishaaiers om aan hul mede manne in blou, maar ook die gemeenskap, te wys wat dit beteken om ’n ware heer te wees. Die top-10-finaliste moet hulself uiteindelik op die verhoog as ware ambassadeurs van die HJS kan bewys. Die skool poog om hierdie seuns te wys dat ’n ware Boishaaier iemand is wat homself goed kan versorg deur ’n gesonde leefstyl te volg. Verder moet dit iemand wees wat doelwitte het en sy kant op akademiese gebied bring sodat hy ook eendag in sy lewe ná skool altyd hard sal werk vir wat hy wil bereik. Die finaliste woon ook ’n uitreikprogram by sodat hulle kan leer ’n mens gee om vir mense wat nie so bevoorreg soos jy is nie en jy moet in jou gemeenskap terugploeg. Uiteindelik stap hulle die aand van 4 Mei op die verhoog in HJS se skoolsaal om alle bogenoemde eienskappe met grasie voor ’n saal vol mense ten toon te stel. Agter staan Erik Viljoen, Emile van Niekerk, Gysbert Wege, Robert-John du Preez, Rossouw Malan en Ruan Heystek. Voor sit Erwin Meyer, Deon du Plessis, Kelso van Zyl, Simon Basson.Foto: Liesl Basson Photography & Design


HJS sien uit na Mnr. Style

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article