Hillcrest United van Wellington moes weer die afgelope naweek harde bene kou om die Hamlet-rugbyklub van Ceres op Pelikaanpark ore aan te sit. Die besoekers het die wedstryd teen ’n vinnige tempo begin en binne enkele munte die voortou met 12-0 geneem. Hillcrest het talle geleenthede om punte aan te teken, weens swak samespel deur sy vingers laat glip. Die wedstryd het wel gedraai na 7-12 in die guns van Hamlet. Vroeg in die tweede helfte het Hamlet die telling laat opskuif na 7-17. Dit was toe weer eens die plaasvervangers van Hillcrest wat in die tweede helfte kom vuur maak het. Met ’n tweede asem het die tuisspan in die tweede helfte vier drieë gedruk – deur Gilton Mangena [2], Renaldo Festus en Keegan Abrahams, wat die laaste spyker in die kis geslaan het. Puntemakers vir Hillcrest was Gilton Mangena (twee drieë), Geoffrey Allies, Renaldo Festus, Keegan Abrahams, Kyle Marthinus (een doelskop) en Frederico Mouwers (twee doelskoppe). Hillcrest United en Newtons sê mekaar hierdie naweek op Newtonpark die stryd aan. Junior wedstryde begin reeds om 12:00 en die hoofwedstryd om 16:00.Foto: Roswall de Vries


Hillcrest kry tweede asem en draf Hamlet kaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article