Hillcrest het die naweek 11 skouspelagtige drieë teen Temperance-rugbyklub op Pelikaanpark, Wellington, gedruk. Die tuisspan se derdes het die wedstryd 31-0 gewen, tweedes 22-11 en die eerste span 67-16. Die puntemakers vir die eerste span was Renaldo Young (3 drieë), Curtley Swanepoel (3), Keanu Gertse (2) en Percy Koopman, Conroy Eiman en Duran Bastiaan een drie elk. Skoppe: Kieran Dreyden (3 doelskoppe en 2 strafskoppe). Hillcrest United pak hierdie naweek Evergreens-Paarl in die laaste wedstryd van die Grootuitdaag-Witsenstraal se eerste ronde.Foto: Roswall de Vries
Credit: SYSTEM
Hillcrest druk 11 drieë
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.