Padwerke op die R45 in die Franchhoek en Simondium gebied sal vanaf middel Augustus tot einde Desember vanjaar plaasvind. Foto: Pexels

Stop-en-ry-verkeerbeheer sal vir die volgende drie maande op die R45 toegepas word wanneer infrastruktuur- en herstelwerk op dié pad in die Franschhoek- en Simondium-omgewing gedoen sal word.

Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur het Maandag (18 Augustus) ‘n kennisgewing oor die beplande herstelwerk geplaas.

Herstelwerk is geskeduleer om van nou af (middel Augustus) tot einde Desember vanjaar te duur.

Herstelwerk en teer-laswerk sal van die Franschhoek-glipweg tot by Mount Rochelle-natuurreservaat gedoen word. Dié herstelwerk vereis dat daardie gedeelte van die R45 vir 24 uur per dag gesluit bly totdat die werk afgehandel is. Die pad sal bedags van die Medi Centre af tot by Mercedes gesluit wees wanneer die verskuiwing van waterpype by die Ou Paarl-pad gedoen word.

Die pad sal ook vir 24 uur van die Vrede & Lust-wynlandgoed tot by Agrimark gesluit wees. By hierdie gedeelte van die R45 sal dreineringspype (culverts) onder die grond gebou word sodat water onderdeur die pad afgevoer kan word.

Die presiese datums vir die begin en afhandeling van die herstelwerk is nog nie verskaf nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article