Brenda Gagiano, die verteenwoordiger vir die senior burgers, het die lekker bederf gereël.

Credit: SYSTEM

’n Groep vrywilligers van Helpende Hand in Wellington het Vrydag 12 Mei die vrouelede van die ACVV Dienssentrum bederf met geskenke en ’n interessante waarderingspraatjie gelewer deur Retha Rix.

Retha het die lede vermaak met interessante staaltjies en ook kosbaarhede oor Moedersdag gedeel. Elke lid het ’n gelukkige nommer tydens registrasie ontvang en volgens hierdie nommers is pryse uitgedeel wat deur verskeie borge moontlik gemaak is.

Elke lid het ’n geskenkbewys vir gratis ontbyt en koffie ontvang. Na afloop van die oggend se verrigtinge het elke vrou ’n snoesige kombersie ontvang, geborg deur Producer Ally. Die Moedersdag-verrigtinge is afgesluit met heerlike eet- en drinkgoed.

Die projek is gereël deur Helpende Hand. Brenda Gagiano, die verteenwoordiger vir die senior burgers, het die inisiatief met hierdie projek geneem.

Sy is bygestaan deur Ada Vermaas-Vermeulen en Lurette Rudolph.

Die Helpende Hand-verteenwoordiger vir skole, wat ook die eienaar van die Ons Winkel in Wellington is, Jalinda de Jager, het ook die oggend se verrigtinge bygewoon.

. Vir verdere inligting oor Helpende Hand, kontak Brenda Gagiano by brenda1gags@gmail.com. Vir navrae oor skoolprojekte, kontak Jalinda de Jager by wellington@onswinkel.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article