Helpende Hand nooi alle klein sakeondernemings, NPO’s, maatskaplike organisasies, kerke, sielkundiges, terapeute, lewensafrigters en belangstellendes in hierdie veld uit na die spoednetwerk-geleentheid Dinsdag 28 Maart by Rusoord in die Paarl.
Tydens die spoednetwerk-geleentheid kry elke deelnemer/instansie/onderneming die geleentheid om sy/haar onderneming in vyf minute met ’n netwerkvennoot te deel.
Só word netwerkgeleenthede met ander vennote gebou en kennis ingewin van ander organisasies en individue wat in dieselfde veld werk.
Die spreker by die geleentheid is dr. Shanie Boshoff. Sy het grondige kennis in die maatskaplike veld en ondervinding in die waarde van netwerkuitbreiding om gemeenskappe kragtig te ontwikkel.
Die geleentheid vind plaas van 08:30 tot 11:00. Kaartjies kos R100 en kan by Quicket bespreek word.



