Die Wellington-belastingbetalersvereniging (WBV) se voorsitter, Twanet Louw, het vandeesweek op Facebook kapsie gemaak oor hul “vrugtelose pogings” met die wetstoepassingseenheid van die Drakenstein-munisipaliteit om aandag aan die probleem van haweloses in Wellington te gee. Dié foto is onlangs in Kerkstraat oorkant Perfect Place geneem. Louw se klag aan die munisipaliteit rakende een van Wellington se sakekerns gaan oor die afwesigheid van wetstoepassing wat daartoe lei dat besoekers, drawwers en sakelui in die omgewing in sulke ongerymdhede moet vaskyk. Foto: Wellington Belastingbetalers Vereniging (WBV)
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.