Dit is met teleurstelling dat ek sien die Paarl Arboretum gaan nou weer agteruit – dit nogal nadat ’n buitelandse munisipaliteit miljoene rande daarin gepomp het.

Brande ontstaan gereeld hier weens vandale, indringerbome groei in hul honderde en selfs ’n gedeelte van die nuwe paadjie is nou verwoes.

Dit is mos nou nie ’n goeie blik op die Stad van Uitmuntendheid nie?


Gert V.S.,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article