Die plaaslike radiostasie Paarl FM het onlangs weer ’n baie suksesvolle sanitêre doekie-veldtog gehou waarmee hulle talle pakkies doekies vir behoeftige meisies ingesamel het. Statistieke toon dat in Suid-Afrika meer as 3,7 miljoen meisies nie toegang het tot sanitêre produkte nie en daarom is 30% van meisies afwesig van skole tydens hul maandstonde. En om die massas pakkies sanitêre produkte wat Paarl FM ingesamel het by die nodige instellings af te lewer, het die motorhandelaar GWM Paarl hand bygesit en ’n voertuig tot Paarl FM se beskikking gestel vir die aflewering hiervan. Lynden Jafta van Paarl FM en die span van GWM Paarl, Theo Smouse, Shaun Riley en Nico Mong het ingespring om die verspreiding te doen.Foto:


GWM Paarl help Paarl FM om sanitêre doekies af te lewer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article