Kom geniet ’n aand met Koek en Tert by die Bôrdienghuis-teater.


Berei jou voor vir ’n grote viering van vrede en liefde met Akkedis. Trek jou bell-bottoms aan, sit jou liefde-kraal aan, en kom geniet ’n onvergeetlike aand vol vry-spirited pret terwyl Akkedis die grootste treffers van die 1960’s en ’70’s speel.

Kanaliseer jou innerlike hippie met tie-dye, franjes en vloeiende mode – die bes- geklede flower child kan ’n groovy prys wen!

Akkedis bring al die wonderlike klanke van die 1960’s en ’70’s terug op die verhoog by die Bôrdienghuis-teater in Wellington.

Op 15 November is die skreeusnaakse toneelstuk Koek en Tert staan op trou by die Bôrdienghuis te sien.

Koek en Tert staan albei in ’n spier­wit rok. Dit is skoonma’s, kombuis­tees, pampoenkoekies, blommerangskikkings en voorhuwelikse berading, maar nou is die lysies afgemerk en die lewenspad gekaart. Daar is twee trourokke en een bruidegom, en net een bruid stap môre in die kerkpaadjie af.

Koek en Tert is ’n skerpsinnige verkenning van sosiale waardes oor liefdesverhoudings, die huwelik en verwagtinge.

Die deure open om 17:00 wanneer heerlike tuisgemaakte pizzas te koop is en ’n kontant- kroeg is beskikbaar. Die vertonings begin om 19:00.

Bespreek by Jeanine by 061 156 5386.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article