In 2020, ná ’n jare lange hofsaak, is die grond wat bekend gestaan het as die Ou Tuin, uiteindelik amptelik aan die grondeisers oorhandig en is dit nou beskikbaar om gehuur te word.

Paarl Post het voorheen berig dat ’n grondeis in die jare negentig deur die byna 400 afstammelinge van die Ou Tuin ingedien is.

Die grond was eers die tuiste van ’n groot Moslemgemeenskap wat ingevolge die Groepsgebiedewet verskuif is en die grond het staatsgrond geword wat toe aan La Rochelle as sportterrein beskikbaar gestel is.

Ingevolge die voorwaardes vir die oordrag van die grond het die Wes-Kaapse regering alternatiewe grond aan die skool verskaf.

As deel van die onderhandelings en ooreenkoms aangegaan, is die grond tot onlangs nog deur die skool by die grondeisers gehuur. Die huurkontrak het egter in Maart vanjaar verstreik.

Volgens Moutie Richards, ’n verteen­woordiger van die grondeisers, is hulle in die proses om die grond vir ontwik­kelingsdoeleindes te hersoneer. Richards sê omdat die proses vir hersonering sowat twee jaar kan duur, word die grond vir korttermynverhuring beskikbaar gestel.

“Die grond is gereed vir sportdoel­eindes. In plaas daarvan dat die grond net daar lê, kyk ons na die verhuring daarvan.” Hy sê hoewel dit geskik is vir sportgebruik is hulle ook vir ander voorstelle oop.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article