Hillcrest Primêr het onlangs ’n beroepsdag vir sy graad 7-leerders gehou. Die skool het met die beroepsdag aan die leerders gewys dat hulle enigiets kan bereik – ten spyte van hul omstandighede. Oudleerders het die leerders toegespreek en bemoedig. Die sprekers staan almal in verskeie beroepe, soos bankbestuurder, polisiebeampte, pastoor, maatskaplike werker en ’n veearts. Die Boland-honde-eenheid het ook ’n demonstrasie gelewer, waar leerders kon sien hoe die honde vir springstof en koeëldoppies soek. Die hele dag was ’n wonderlike ervaring vir die leerders en almal was baie opgewonde.
Graad 7’s op beroepsdag ingelig
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.