Francois Gouws, ’n leerder aan Newton Primêr, was deel van die Wes-Kaapse atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Laerskool-atletiekbyeenkoms in Limpopo deelgeneem het. Francois het in sy ouderdomsgroep, seuns o.12, die eerste plek in die 150 m-wedloop behaal en ’n derde plek in die 100 m. Francois was ook een van die vier atlete wat lid was van die seuns-o.12-aflosspan, waar hulle die eerste plek behaal het. Die skool is baie trots op hom. By Francois staan sy sportafrigter, Gillian de Vries, en die skoolhoof, Jacques Clarke.


Gouws van Newton Primêr bring twee goues huis toe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article