Die Hoërskool Gimnasium Paarl is trots op drie van sy gr.11-leerders wat onlangs aan twee verskillende perdry-kampioenskappe deelgeneem het.
Junika Hugo het een goue en een bronsmedalje by die SA nasionale saalperdkampioenskap in Bloemfontein gewen.
Sy het ook die wisseltrofee vir die beste junior ruiter in die twee afdelings ontvang.

Chanté Zwiegers en Joanie Taljaard het aan die Sanesa- League Qualifier 3 by Europa Equestrian deelgeneem.
Albei ruiters het uitstekend presteer en verskeie eerste en tweede plekke in die kompetisie aangeteken.





