Twee gr.11-leerders aan Hoërskool Gimnasium Paarl, Roosje Grobbelaar en Chanré Botha, is gekies om deel te wees van die 2021-NASA Global Space School-projek.

Die twee is bevoorreg om aan hierdie projek deel te neem, juis omdat hulle die enigste leerders van Suid-Afrika is wat gekies is om deel van dit te wees.

Hierdie projek word vanjaar weer eens via Zoom aangebied omdat die Covid-19-regulasies dit bemoeilik om dit fisiek by te woon.

Die geleentheid duur van 25 Julie tot 8 Augustus.

Gedurende dié tyd neem die leerders deel as lede van ’n spesifieke groep waarvan almal vooraf gekies is.

Die hooftema is: Manned Mission tot Mars.

Indien die projek volgende jaar fisiek kan gebeur, het Roosje en Chanré die eerste opsie om dit te gaan bywoon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article