Hoërskool Gimnasium Paarl se o.19A-krieketspan het verlede Donderdagaand ’n baie sterk span van Futura Sports Academy van Durban ’n uitstekende geklop.
Oud-Gimmie Eddie Visser, wat verlede jaar gematrikuleer het, het vir die span van FSA op die veld gedraf.
Gimnasium het die loot gewen en eerste gekolf op ’n baie goeie kolfblad en 269/7 in die toegelate 40 beurte aangeteken.
Werner Brand het skitterend gekolf en 100* aangeteken. Hy is goed bygestaan deur Kyle Smith wat 57 lopies aangeteken het.
FSA word uitgeboul vir 184 met Shaun Wolmarans wat baie goed geboul het met syfers van 4/39 in sewe beurte. Gim wen die wedstryd met 85 lopies.





