Die Hoërskool Gimnasium Paarl se musiekdepartement het onlangs uitstekend presteer in die virtuele World Art Games. Hulle was deel van 18 lande wat met hul talent in die kompetisie gespog het. Die deelnemers het pryse as beste orkes (93%) en beste ensemble (92%) losgeslaan. Agter is Tiaan Werth, Leonard de Nysschen (16-19 jaar, elektriese kitaar: 95%), Petrie van der Westhuizen en Ruan Meyer (16-19 jaar, elektriese kitaar: 95%). In die vierde ry agter van links is Jeandré Groenewald (16-19 jaar, sang: 89%), Dirk Grobler, Andrikus Huisamen (16-19 jaar, akoestiese kitaar: 95%), Wander van Zyl en Mari Joubert. In die derde ry is Hanna von Molendorf, Anke Claassen en Leze-Therese Dippenaar. In die tweede ry staan Lourens Best, Penelopie Cole, Alain Basson en Kyrah Adams (13-15 jaar, Westerse marimba: 95%). Voor staan Carli Claassen en Daneeco Africa (13-15 jaar, trompet: 92%). Bianca Barnard (16-19 jaar, sang: 81%) en Niklas van der Westhuizen (16-19 jaar, akoestiese kitaar) was afwesig.


Gim-musikante sluit wêreldkunsspele op hoë noot af

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article