Die geskorste polisiebeampte AO Anthony Gouws is Vrydag in die Paarl-streekhof 27 jaar tronkstraf opgelê. Hy is skuldig bevind aan die verkragting van ’n 14-jarige meisie.

Credit: SYSTEM

Ná jare lange hofverrigtinge is die vonnisoplegging van ’n voormalige polisieman afgehandel – 27 jaar tronkstraf vir verkragting van ’n 14-jarige skoolmeisie van Mbekweni.

Anthony Gouws, ’n geskorste adjudant-offisier, se vonnis is Vrydag in die Paarl-streekhof opgelê nadat hy tereggestaan het op nege aanklagte, waarvan hy op slegs twee onskuldig bevind is.

Uit die nege aanklagte is hy op vyf aanklagte wat verband hou met die misdaad teen die minderjarige skuldig bevind.

In die getuienisaflegging van die senior ondersoekbeampte, Lusanda Booi, het die hof gehoor dat Gouws die meisie een oggend voor skool by die huis opgelaai het.

Hy het haar daarna by die skool gaan aflaai en aan die sekretaresse gesê die meisie het ’n verklaring oor ’n huisroof afgelê.

Gouws se inhegtenisneming het gevolg nadat die slagoffer se ma boodskappe van hom op die meisie se foon gekry het. Die saak is deur die onafhanklike polisieondersoek­direktoraat ondersoek.

Gouws is reeds op 14 Desember verlede jaar skuldig bevind en sy borgtog opgeskort, gevolg deur sy inhegtenisneming. Hy is intussen ook uit die polisie ontslaan.

Gouws is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en ingevolge Artikel 50(2) moet sy naam in die nasionale register vir seksuele oortreders verskyn.

Dit is nog onseker of sy prokureur teen die skuldigbevinding en vonnis by die hooggeregshof sal appelleer.

. A former Mbekweni police officer Anthony Gouws was sentenced after he was convicted of rape of a minor school girl. He has been sentenced to 27 years in prison.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article