Die heining van Joubertpark in Wellington is die afgelope week stukkend gery. Volgens die proporsionele raadslid Stephan Landsberg kan dit moontlik weens ’n motorongeluk wees. Hy het Maandag gesê ’n veiligheidswag is deur Wellington se VF+-voorsitter Eugene Stapelberg gereël om die perseel op te pas aangesien die heining ’n sagte teiken is om gesteel te word en weer as skrootmetaal te verkoop. Teen Dinsdag het Landsberg die goeie nuus gedeel dat die gesteelde yster terugbesorg is danksy Mr Metal in Wellington. “Meneer Saayman van Mr Metal het my laat weet dat iemand die yster wou ingee om te verkoop. Hy het die inskrywing op Facebook gesien en sy span in kennis gestel om op die uitkyk te wees. Die heining is reeds opgesny, maar met goeie sweiswerk sal dit weer aanmekaar gesit kan word. Die Drakenstein-munisipaliteit is gekontak en hulle sal dit daar kom kry. Dankie vir die gemeenskap se samewerking. So kon ’n stukkie geskiedenis gered word,” het Landsberg in ’n inskrywing op Facebook gesê.Foto: Wellington Aksiegroep
Gesteelde yster teruggekry
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.