Die Vriende van Afrikaans en die Pniël Erfenis-en-kultuurtrust nooi jou uit na die Ommietafelgesprek wat tydens die jaarlikse Adam Small-fees op Saterdag 25 Februarie gehou word.

Ommietafelgesprek vind plaas tussen 11:00 en 12:00 in die Pniël-museum en die tema is “Hoe het Afrikaans se dice geval”. Die gespreksleier is Chareldine van der Merwe (ATKV) en die paneel bestaan uit Karien Brits, René Bogovic en Jurgen McEwan.

As deel van die fees vind ’n gedenklesing om 12:00 in die Pniël Congregational-kerksaal plaas. Die spreker is prof. Quentin Williams, direkteur van die Sentrum vir Veeltaligheid en Diversiteitsnavorsing by die Universiteit van Wes-Kaapland.

Vir meer inligting bel Janine by 072 245 1415 of besoek www.adamsmallfees.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article