My hart is so bly dat die lewe nou weer rigting kry ná die normaal waaraan ons voor die korona-virus gewoond was.
Ek sien uit om op die pawiljoen te staan en my hart uit te sing en te skree. Ek het die sportgees gemis – en veral die byeenkomste – en om net na die wedstryde te gaan kyk.
Vanjaar ondersteun ek nie enige wenspan nie. Ek ondersteun alle spanne. Ek dink aan die seuns en meisies wat baie werk en tyd in hul sport geploeg het, maar nie die geleentheid gehad het om vir die laaste keer met hul potensiaal by Interskole te kon spog nie. Dit is ’n emosionele oomblik vir almal en mag ons die beste maak van geleenthede soos hierdie.




