Ek is onlangs genooi om by MiniMax in die Paarl te gaan fliek.

Dit is baie jare sedert ek laas hoegenaamd by ’n fliek was en was eers nie eintlik lus om die uitnodiging te aanvaar nie.

Maar toe word my arm gedraai. En hoe bly is ek nie dat ek die uitnodiging aanvaar het nie.

Ek was verras om te sien hoe skoon die fliek-kompleks was, hoe mooi ingerig dit is en hoe gemaklik die teater is.

Ons het almal die lekkerste vars springmielies en dies meer geniet en ’n heerlike aand gehad.

Om die waarheid te sê, ons het dit so geniet dat ons twee weke later (verlede week) ook weer op MiniMax toegesak het om die nuutste flieks te gaan kyk. Weer eens was dit net so ’n lekker ervaring met al die bykomende tierlantyntjies, en ek sal van nou af beslis ’n gereelde besoeker by die MiniMax wees.

Ek raai ook die breë publiek aan om bietjie weer voet uit huis te sit en ’n aand by die flieks te gaan geniet.


Juanita,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article