Francois van Coke is een van die kunstenaars wat by die Laailou-musiekfees gaan optree.


Die Bergrivier-oord is die geskikte plek vir die Laailou-musiekfees wat van 18 tot 20 Maart plaasvind.

By dié unieke fees kan feesgangers kies tussen twee verskillende sitplekke – jou kampstoel op die gras of jou laailou waarop jy in die rivier dryf.

Behalwe vir kunstenaars soos Loki en Margot Rothman, Corne Pretorius, Die Heuwels Fantasties, Chemistry, Janie Bay, Synth Peter, Loufi, Early B, Jan Bloukaas, Ampie, Tasche, Francois van Coke en Spoegwolf wat feesgangers gaan vermaak, kan jy ook uitsien na ’n biertuin en ’n verskeidenheid van kosstalletjies. Die Bergrivier-restaurant sal ook oop wees.

Die verhoog word met ’n 240 grade gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die rivier op hul laailous sowel as toeskouers op hul kampstoele in die feesterrein die musiek kan geniet.

Kaartjies kos R350 per persoon per dag of R900 vir toegang op al drie dae. Slegs 2 000 kaartjies is beskikbaar per dag.

Jou kaartjie sluit in daaglikse toegang tot die feesterrein, maar sluit jou kampplek (vir diegene wat wil oorslaap) uit, wat direk met die Berg­rivier-oord bespreek kan word.

Vir verdere navrae kontak 082 411 0905 of e-pos na info@laailoufees.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article