Ter illustrasie.


Gemeenskapslede het die afgelope naweek eie reg probeer gebruik toe ’n man na bewering ’n 10-jarige meisie in Paarl-Oos betas het.

Die man het die meisie na bewering met lekkers omgekoop toe hy aan haar gevat het. Hy het haar toe glo gevra om stil te bly oor wat gebeur het, maar sy het haar ma ingelig.

Die beweerde voorval het mense erg onthuts gehad – veral ná die onlangse verdwyning van die sesjarige Joslin Smith in Saldanhabaai.

Tientalle inwoners het die man op die hoek van Pedro- en Ambagsvalleistraat bygekom voordat ’n polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, ingespring en die skare probeer kalmeer het.

Die man, wie se identiteit nie bekend is nie, is op die toneel in hegtenis geneem en die meisie se ma het op dieselfde dag nog ’n klagte by die Paarl-Oos-polisie aangemeld.

Kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, sê die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) in die Paarl ondersoek ’n klagte van seksuele aanranding.

“Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek. Om die minderjarige te beskerm, sal geen verdere inligting in hierdie vroeë stadium van die ondersoek bekend gemaak word nie.

“Die verdagte sal in die Paarl-landdroshof verskyn op aanklag van seksuele aanranding wanneer hy aangekla word.”. Community members tried to take justice into their own hands this weekend when a 10-year-old girl was allegedly groped in Paarl East.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article