Die polisievoertuig van die Paarl-Oos polisie wat onder die klippe gesteek is.


Die stasiebevelvoerder van die Paarl-Oos-polisie het die beskadiging van ’n polisievoertuig, wat onlangs in die Magnolia-gebied onder die klippe gesteek is, ten sterkste veroordeel.

Volgens kol. Wellington Stephans, Paarl-Oos-polisie se stasiebevelvoerder, het beamptes ’n polisiëringsoptrede uitgevoer toe een van die polisievoertuie met klippe bestook is.

“Ons veroordeel hierdie gedrag van die gemeenskap ten sterkste. Wanneer een voertuig beskadig is, is dit weens herstelwerk lank buite sirkulasie. En dan kla dieselfde gemeenskap oor diens as ons vir hulle sê daar is ’n tekort aan voertuie. Dit is dieselfde gemeenskap wat kla oor geen sigbaarheid van die polisie in hul gebiede nie.

“Ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie en die polisie sal die gemeenskap dien omdat dit ons verpligting is. Die polisie sal geen gebied in Paarl-Oos nié betree nie. Misdadigers moet daarvan bewus wees dat hulle die volle mag van die gereg in die gesig staar.”

Stephans beklemtoon diegene wat betrokke is by dade waarin polisievoertuie beskadig word, sal opgespoor en in hegtenis geneem word. Hy vra ook die gemeenskap moet nie sulke misdadigers wegsteek nie en hulle eerder aan die polisie uitlewer.

“Dit is ongelooflik as aanvalle soos hierdie in sommige gebiede van ons gemeenskap gebeur – daarna weet niemand kwansuis wanneer die polisie aangeval word nie. En wanneer die polisie op sy beurt met hierdie misdadigers te doen kry, word dit as polisiebrutaliteit gebrandmerk.”

Stephans moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) aan te sluit, waar inwoners op ’n toepaslike manier uiting kan gee aan hul frustrasies en bekommernisse.

Intussen is ’n 36-jarige man weens die beskadiging van die polisievoertuig in hegtenis geneem. Hy is aangekla van die opsetlike beskadiging van eiendom en openbare geweld.

Die verdagte verskyn vandag (Donderdag 13 April) in die Paarl-landdroshof.. The station commander of Paarl East police strongly condemns the damage to a police vehicle in the Magnolia area recently.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article