Die bestuurder van ’n bekende Paarlse klere-fabriek, Dale du Plessis, is in die fabriek in Turkstraat, Suider-Paarl, dood aangetref.

Die 50-jarige Du Plessis was bykans 25 jaar die fabrieksbestuurder by Bouckaert en Soennen.

Kollegas het Vrydag omstreeks 07:30 op Du Plessis se liggaam in die fabriek afgekom. Hulle het mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas, maar hy was reeds oorlede.

Geen misdaad word vermoed nie.

Luc Bouckaert van Bouckaert en Soenen het gesê Du Plessis het ’n integrale rol by die onderneming vervul en het die fabriek die afgelope 15 jaar so te sê eiehandig bestuur.

“Hy was nie net ’n familielid van my nie, maar geliefd deur almal saam met wie hy gewerk het, en het ’n nou werksverhouding met al ons kliënte gehad – ook dié in die buiteland.

“Dit is ’n baie groot skok en verlies vir almal wat hom geken het.”

Du Plessis word oorleef deur sy vrou, Jaqueline, en dogters, Abigail en Angelique.

’n Gedenkdiens word Sondag om 14:00 vanuit die Apostoliese kerk in Van der Lingenrylaan, Paarl, gehou.


. The much loved manager of Bouckaert and Soennen, Dale du Plessis, was found dead in the factory last week.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article