Dr. Mia Oosthuizen en die Breytenbach-galery bied vanjaar hul tweede kinder- en jeugliteratuurskryfskool aan. Hierdie omvattende kursus duur 12 maande en bied skrywers die unieke geleentheid om jou storie-idee aan die hand van gespesialiseerde hulp tot ’n afgeronde manuskrip, reg vir voorlegging aan ’n uitgewershuis, te ontwikkel.
Teen net R2 000 per maand kan jy jou skryfdrome vlerke gee en jou naam op boekrakke sien.
Die kursus begin op 27 Mei en sluit in:
. Kursusmateriaal;
. Een kontaksessie per maand op ’n Saterdag by die Breytenbach-sentrum in Wellington. Koffie, tee en middagete word bedien (’n Zoom-opsie is beskikbaar vir diegene wat ver van Wellington af woon);
. Persoonlike en deurlopende terugvoer op skryfwerk; en
. Gassprekers soos van toepassing.
Naas die skryfoefeninge en kreatiwiteitsoefeninge wat skrywers elke maand tydens die kontaksessie voltooi, moet jy ook gedurende die maand ’n meer omvattende skryfopdrag voltooi. Elke skrywer kry terugvoer aan die hand van ’n leesverslag, spoorveranderinge en notas.
Die kursus bied plek vir 12 skrywers – moet dus nie wag nie. Kom deel in die sukses wat vanjaar se kursusgangers reeds ervaar. Altesaam 80% van 2022 se kursusgangers is tans besig om hul manuskripte reg te kry vir voorlegging of het reeds hul manuskripte by ’n uitgewery ingedien.
Stuur iets wat jy geskryf het saam met ’n motivering oor hoekom jy die skryfkursus wil bywoon voor of op 22 Mei na dr. Mia Oosthuizen (miaoosthuizen@gmail.com) en Anne-Ghrett Erasmus (galery@breytenbachsentrum.co.za).



