Danelle Steyn, ’n gr. 12-leerder aan die Hoërskool Labori, het onlangs verneem dat haar gedig “Altyd Nooit Genoeg Nie” in die nieregeringsorganisasie Ink skryf in Afrikaans se bloemlesing Inkspraak 2 opgeneem sal word. Danelle het vroeër vanjaar aan Ink skryf in Afrikaans se 2021-poësiekompetisie deelgeneem waar altesaam 1 560 inskrywings van digters en skrywers van oor die land heen ontvang is. Haar gedig is een van dié wat uit talle ontvang is en gepubliseer gaan word. Die bloemlesing word in November met ’n gala-aand by Royal Elephant Lodge in Pretoria amptelik bekendgestel. Die gelukkige pryswenners sal ook op dié aand aangewys word.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.