Voetspore se Johan Badenhorst is vanjaar se gasspreker by die Marie Luttig-gedenklesing by die Strooidak-kerksaalFoto:


Die jaarliks Marie Luttig-gedenklesing word vanjaar die negentiende keer deur die Hugenote Gedenkskool, wat ná restourasie in 2002 in gebruik geneem is, aangebied.

Dié skool, wat op 14 Maart 1883 geopen is met die doel om moedertaalonderrig in Afrikaans te verseker, is op die plaas Augusta Kleinbosch in Dal Josafat tussen die Paarl en Wellington geleë.

Vanjaar se Marie Luttig-gedenklesing word op 15 September om 19:00 in die Strooidakkerksaal in die Paarl aangebied. Marie Luttig was ’n mediese praktisyn wat met haar dood in 1997 in haar testament ’n aansienlike deel van haar boedel vir die bevordering van Afrikaans nagelaat het. ’n Toekenning word jaarliks uit die Luttig-trust aan die Hugenote Gedenkskool gegee om die gedenklesing ter ere van haar aan te bied. Vanjaar se gasspreker is Johan Badenhorst van Voetspore-faam.

Mense wat ’n plek wil bespreek, kan hugenotegedenkskool@gmail.com per e-pos of WhatsApp by 065 905 8197 kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article