Meer en meer huishoudings maak gebruik van huishoudelike gas. Foto: Unsplash

Credit: SYSTEM

Die gebruik van huishoudelike gas in die kombuis neem al meer toe in Suid-Afrikaanse huishoudings as gevolg van beurtkrag wat daagliks ingestel word, sowel as die hoë koste van elektrisiteit.

Hoewel mense op hierdie manier elektrisiteit spaar, moet veiligheids­risiko’s nie misgekyk word nie.

Suid-Afrika het in Desember verlede jaar ervaar watter verwoesting gesaai kan word wanneer gas tot ’n ontploffing lei. ’n Vragmotor, wat gas vervoer het, het op 24 Desember in Boksburg ontplof nadat dit onder ’n treinbrug vasgesteek het. Die ontploffing het die lewe van meer as 40 mense geëis.

Die chemiese maatskappy Afrox, wat hoofsaaklik met verskeie gasse werk, deel wenke op sy Facebookblad oor hoe om veilig met gas te werk:. Hou altyd ’n venster of deur effe oop wanneer jy gas gebruik. Gas benodig vars lug om te brand.. Wanneer ’n gasstoof aangesteek word, steek altyd eerste die vuurhoutjie aan en maak dan die gastoevoer oop.. Maak gereeld seker alle gastoestelle en -toebehore is in ’n goeie en veilige werkende toestand.. Wanneer jy ’n hervulde gassilinder koop, maak seker dit is in ’n goeie toestand en is nie beskadig nie.. Moet nooit ’n gassilinder bo-op ’n stoof sit nie. Hou dit weg van oppervlaktes wat warm kan word.

Volgens die webtuiste medicalnewstoday.com word die reuk van lekkende gas as “vrot eiers” of “swael” beskryf. Afrox sê as ’n mens gas in die huis ruik, moet die volgende gedoen word:. Maak die gastoevoer toe.. Maak deure en vensters oop sodat vars lug die plek goed kan ventileer.. As die lekkasie voortduur nadat die gastoevoer toegedraai is, skuif die silinder na ’n goed geventileerde plek buite en kontak jou gasverskaffer.. Moenie rook as jy gas ruik nie.

Gerald Esau, die Drakenstein se uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, sê: “Hanteer leë gassilinders met dieselfde versigtigheid as vol gassilinders.”

  • Inwoners kan beskadigde silinders na Afrox Paarl vir inspeksie neem. Hul kontaknommer is 021 862 6197.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article