Dit laat ’n mens sowaar warm erg onthuts om te sien hoe vinnig die munisipaliteit kan spring as ’n rolprent in ’n parkeerruimte geskiet word terwyl die eienaars van sakeondernemings al jare gal braak oor die toestande in hierdie parkeerterrein.
Die parkering agter Game het nou al talle mense baie ongelukkig en met die laaste brief in Paarl Post so twee weke gelede, het ons as eienaars van sakeondernemings hier so opgewonde geraak, aangesien werkers verlede week afgelaai is en skoongemaak is en ons kon nie ophou praat nie.
Gister is ’n vragmotor gestuur met draadafskortings by die hope en werkers het begin om die omgewing toe te maak. ’n Veiligheidswag ios ook daar gepos om die toerusting op te pas. Ons is verstom. Al ons sake-eienaars en belastingbetalers se vrae word egter nie eens geantwoord nie.
Ons hoop van harte dat die munisipaliteit met die geld wat hy ontvang, ’n plan gaan maak om die sentrum toe te maak sodat almal ’n stukkie van die son kan kry, want grote genade, dit is ’n skande waarin ons moet vaskyk – en nog betaal ook om daarin vas te kyk.
As dit voor ons eiendomme moet lyk soos dit hier lyk, is ons lankal met ’n waarskuwingsbrief aangevat en het dalk al ’n boete gekry.
Dit is ’n doodloopstraat om te probeer uitvind aan wie behoort die parkeer-terrein en wie se verantwoordelikheid dit is om die plek skoon en netjies te hou en ongewenste mense uit te hou. Niemand kan sê wie verantwoordelik is nie en daar word in raaisels gepraat.
Doen asseblief iets aan hierdie vuil parkeerterrein! Julle skuld ons dit!




