Dit is met groot frustrasie dat ek die afgelope sewe dae ’n waterlek op ’n sypaadjie by die Laerskool Noord-Eind reeds verskeie kere aangemeld het.
Ek word telkemale van bakboord tot stuurboord verwys, sonder enige sukses, en intussen word duisende liters water vermors!
’n Stad van uitmuntendheid is Paarl gewis nie.




