Die plaaslike skrywer Gaireyah Fredericks het ná ’n streng keuringsproses vir ’n skrywersresidensie in die Jakes Gerwel Paulet-huis in die Oos-Kaap gekwalifiseer. Die residensie is in samewerking met Pen Afrikaans, Pen South Afrika, Pen Malawi, Pen Duitsland en die Jakes Gerwel-stigting. Fredericks het ook ’n MA in kreatiewe skryfkuns (Rhodes Universiteit) behaal, nadat sy gegradueer het in Afrikaans en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is ’n selfgepubliseerde skrywer wat al 11 bundels bekend gestel het en werk tans aan haar eerste bundel kortverhale. Fredericks sê sy hoop om nuwe kennis in te win.
Credit: SYSTEM
Fredericks in skrywershuis
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.