Graag wil ek Willie Bester van die munisipaliteit bedank vir sy en sy span se vinnige en vriendelike optrede toe ons watermeter onlangs – in ’n poging om dit te steel – beskadig is.
Toe ons die skade Vrydag ontdek het, het ons dadelik die munisipaliteit gebel en binne minute was Bester en sy span daar om die meter te vervang.
Saterdagoggend bel ons hulle weer omdat ons kombuiskraan nie loop nie. Binne minute was Bester en sy manne weer daar om die probleem op te spoor.
Weens ’n blokkasie moes ons ons loodgieter, MD-loodgieters, kontak en hulle was ook spoedig daar om die probleem op te los.
Baie dankie vir hierdie professionele hulp van alle oorde.




