Die Paarl-rolbalkub se 23ste Sakeliga-byeenkoms is onlangs weer eens met groot sukses afgehandel. Die 44 spanne, wat uit 176 spelers bestaan, het vyf weke lank twee aande per week gespeel. Die hoofborg, My Ride Nissan, het ’n geldprys van R5 000 aan die wenspan, Fireproof (foto), oorhandig en hulle ook beloon met ’n week se gratis gebruik van ’n splinternuwe Nissan Qashqai. Van links staan Steven Kilfoil (wedstrydsekretaris), Jean Bothma (My Ride Nissan) en die lede van die Fireproofspan – Dirkie Eksteen, Donavan Victor, Rudi Eksteen, Neels Engelbrecht en Wynand Viljoen (die president van die Paarl-rolbalklub).Foto:


Fireproof blus sy rolbalteenstanders se vlammetjie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article