Die FilosofieKafee hou sy eerste gesprek van die jaar op Vrydag 17 Maart by die Bôrdienghuis-teater in Wellington.

Prof. André du Toit gaan met Jaco Barnard-Naudé praat oor oorgangsgeregtigheid. Die tema van die gesprek is: “Hoe begryp ons vandag die idee van oorgangsregverdigheid in die lig van die 1990 – 1994- amnestie-onderhandelings?

Du Toit se navorsing is vervat in sy boek Amnesty Chronicles, wat Vrydagaand teen ’n spesiale prys beskikbaar sal wees.

Jaco Barnard-Naude is tans professor in regsgeleerdheid en mede-direkteur van die sentrum vir retoriekstudies in die regsfakulteit by die Universiteit van Kaapstad. Hy neem aktief deel aan die openbare debat en fokus deesdae op die Afrikaanse literatuur, kuns en films.

Kom gerus vroeg. Aandete sal gereed wees al van 18:00 en sodra almal op dreef is, begin die gesprek.

Toegang kos R250 per persoon en sluit aandete en ’n glas wyn/bier/sap in. Bespreek jou plek by oopgesprek@filosofiekafee.co.za of skakel 082 895 1139.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article