Vrydag 7 Julie om 18:30 is John Enslin aan die beurt by die FilosofieKafee-gesprekke wat by die Bôrdienghuis-teater in Wellington gehou word.

Die tema van Vrydag se gesprek is, ‘Hoe leef ons dan met mekaar? Augustinus, Ubuntu en die Tussenin’.

“Die vraag hoe ons met mekaar saamleef as mense wat verskil op vele maniere en tog deel vorm van een kontinent of een wêreld is sowel oud as aktueel. Ek oorweeg of Augustinus insigte aanbied wat ons in ’n Afrikaanse konteks met ubuntu mag help.

“Dit lyk asof sy idee van innerlikheid ’n korreksie mag bied aan ’n dalk te eensydige verstaan van ubuntu. Daar moet iets wees wat tussen ’n oordrewe individualisme aan die een kant en ’n oorheersende kommunitarisme aan die ander kant staan. Ek wil betoog dat Augustinus se insigte ook hier nuttig kan wees,” sê Enslin.

Kaartjies teen R250 per persoon sluit aandete en ’n glas wyn in. Bespreek jou plek by Lamé by 082 895 1139 of stuur ’n epos na oopgesprek@filosofiekafee.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article