Twee jong fietsryers van Paarl is as Afrika-kampioene in hul onderskeie fietsryafdelings by die onlangse Afrika-baanfietsrykampioenskap in Abuja, Nigerië, gekroon. Ethan Kulsen (links) en Duwayne Adams is albei deel van die DSV Shift-fietsry-akademie en het nie net hul dorp trots gemaak nie, maar ook hul land. Ethan het vier goue medaljes in die span-agtervolging, madison (met Joshua Dike as spanmaat), 10 km-bondelwedren en 1 000 m- tydtoets met ’n blitsige tyd van 1 minuut 06,6 sekondes opgeraap. Duwayne het op sy beurt twee goue medaljes in die span-naelry en keirin-naelry verower.


Fietsryers maak dorp, land trots

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article