Die tafel is gedek vir ’n opwindende naweek van sewesrugby in die Jive Young Gardens-toernooi, wat Vrydag en Saterdag beslis word.
Die Boland-stadion in Wellington is vanjaar die gasheer vir die 16 senior spanne en vier hoër- en vier laerskoolspanne wat sake om die titels en groot prysgeld gaan uitspook.
Die loting is Maandagaand in die Paarlse stadsaal gedoen en Vrydagaand se program is gelaai met interessante tweestryde. Die laaste wedstryd – tussen die Paarl se twee Superligaspanne Young Peoples en Vineyards – beloof om ’n riller te wees.
Die toernooiwenner gaan Saterdagaand R10 000 ryker wees.
Daar is nou ook ekstra aansporing vir die spelers met die Speler van die Toernooi wat met ’n allemintige R11 000 gaan wegloop.
Dit is danksy ’n ruim, verrassende borgskap van Cammy Viljoen van Qmondeezi Effect Rugby. Hy het ook die hoërskoolwenspan en laerskoolwenner se prysgeld met R4 000 vermeerder, en die vrouewenspan kry R5 000 en die verloorder R2 500 danksy Viljoen.
Vrydag se program is:
Ronde 1:
1. Blue Stars RFC (B) vs Allandale RFC – 18:30
2. Violets RFC vs Young Standards RFC – 18:50
3. Young Gardens RFC (A) vs Pêrel United RFC – 19:10
4. Vineyards RFC (B) vs Young Gardens RFC (B) – 19:30
5. Lower Paarl RFC vs Blue Stars Utd RFC (A) – 19:50
6. Albions RFC vs Paarl Rangers RFC – 20:10
7. Windmeul RFC vs Paarl-rugbyklub – 20:30
8. Vineyards RFC (A) vs Young Peoples RFC 20:50.
Saterdag word die toernooi om 09:00 hervat met die verloorders van wedstryd 1 wat die verloorders van wedstryd 2 pak.
Die skolespanne se program lyk so:
Sonop vs Ronwe – 11:40
Paulus Joubert vs Paarlzicht – 12h00
Paulus Joubert SS vs Noorder Paarl SS – 12:20
Klein Nederburg SS vs Charleston Hill SS – 12:40
Die vrouewedstryd tussen die Kraaifontein Warriors en Paulus Joubert begin om 18:40, met die manseindstryd om 19:00.
Toegangsgeld beloop R30 vir mense van 13 en ouer en R20 vir kinders tussen 6 en 12.





