Die Faurestraat-stadion in die Paarl word tans opgeknap. Die bane hier het die afgelope paar jaar heelwat skade opgedoen weens weersomstandighede. Van die beton van die fietsrybaan het op verskeie plekke gekraak of ingesak en die meeste uitsit-laste (expansion joints) het verweer. As ’n eerste fase is die munisipaliteit besig om die betonblokke, die oppervlaktes wat gevaar inhou, en die uitsit-laste te vervang. Dié opgradering sluit ook in ’n 100 cm-teerrand aan die onderkant van die baan en die verf van lyne. Die baan sal net soos voorheen deur die fietsry-gemeenskap gebruik word en die opgradering is juis daarop gemik om meer fietsry-kompetisies by die baan te kan aanbied. Die “grond”-atletiekbaan word ook opgeknap vir gebruik deur skole en die breë gemeenskap se kleiner atletiekbyeenkomste en oefeninge. Die opknapping van die fietsrybaan sal voltooi wees wanneer van die land se beste fietsryers eersdaags aan die skouspelagtige en geskiedkundige Boxing Day-uitdaging op 26 Desember deelneem.Foto: Lise Beyers
Credit: SYSTEM
Faurestraat gaan weer pronk
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.